Search

Trourokke Pretoria

Trourokkepretoria2
November 2014

Vrae en Antwoorde oor Bridal Manor Trourokke in Pretoria

Pretoria met sy pragtige Jakaranda bome en warm somers het ook verskeie funksie lokale wat spesifiek op troues fokus. As sulks is dit ‘n gewilde ‘trou-stad’ in Suid-Afrika.

Ons beantwoord ‘n paar van die algemene vrae aangaande trourokke in Pretoria waar Bridal Manor geleë is.

Moet ek ‘n afspraak maak vir die beskouing van trourokke?

Ja. Dit is belangrik aangesien ons net op afsprake werk omdat ons graag persoonlike aandag aan die klante gee. Sodoende kan ons jou help om die beste rok volgens jou smaak, begroting, liggaamlike vereistes, die trou-tema en ligging van die troue te kies. Jy kan selfs die eerste aanpas-geleentheid onder die reserveer-blad aanlyn bespreek. Ons vra ‘n pas-fooi van R200 vir die eerste aanpas en dit kan ook aanlyn betaal word. Jy kan net soveel rokke aanpas as wat jy wil in jou 1 ½ uur afspraak. Ons bied jou ook ‘n tweede gratis aanpas geleentheid om die rokke waarop ons gekwoteer het weer aan te pas.

Hoe lank voor die tyd moet ek my trourok koop?

As jy kan, sal dit help as jy so 5-8 maande voor die huweliksdag die trourok bestel. Dit bied genoeg tyd vir die maak en of invoer en veranderinge wat aangebring moet word om te verseker dat dit jou perfek sal pas. Ons benodig so 1-5 maande, afhangende van die voorraad beskikbaarheid en die verskaffer. As jy baie haastig is en te min tyd voor die troue het, stel ons voor dat jy die ‘On Sale & Pre-Loved’ blad besoek vir rokke wat onmiddelik beskikbaar is. Jy sal vind dat ons voorraad van hoogstaande gehalte getuig.

Hoe kan ek die kleur verskille onderskei?

Die kleur van die rok word gewoonlik gekies op grond van voorkeur, jou velkleur en die trou-tema kleur. As jy ‘n donkerder vel, bruin or olyfkleurige ondertoon het sal die spierwit kleur beter pas. Vir bruide met ‘n ligter ondertoon stel ons die ivoor of diamant wit kleure voor. Wit (spierwit) is die helderste wit op die kleurspektrum waar diamant-wit ‘n titseljie ivoor bevat en dus ‘n warmer gevoel het. Die ivoor-kleur trourok het ‘n ligte sagte geel ondertoon en verskaf ‘n klassieke gevoel.

Watter groottes is beskikbaar by Bridal Manor in Pretoria?

Die rokke is slegs voorbeelde en jou rok word vir jou bestel tensy dit een van die rokke in ons “Pre-loved or Sale” afdeling is. Groottes beskikbaar wissel van 6-16 met die meeste van die voorbeelde in die groottes 10, 12 en 14. Ons het wel groter en kleiner rokke. Kontak ons as jy nie seker is oor die grootte wat jou die beste sal pas nie. Ons kan egter enige grootte rok vir jou bestel.

 

Kontak ons gerus as jy enige ander vrae het of besoek on “FAQ” afdeling vir meer inligting.