Search

Skitter op jou troudag: 5 Kardinale Reëls

Trourok
May 2016

Met winter kort op ons hakke is dit bietjie moeilik om sprankelende bruid te wees, veral as jy besluit om in die bibberende winter maande te trou. Moenie toelaat dat dit jou stop nie! Winter troues het soveel potensiaal vir sprokiesidees – liefde blom nie net in die somer nie. 

Skitter op jou troudag ten spyte van die droë koue deur die volgende idees in gedagte te hou:

 

1. Ontspan in die bad:

Bederf jouself met 'n klein glasie wyn, steek 'n paar kerse aan, speel jou gunsteling musiek in die agtergrond en gaan ontspan in 'n lekker warm borrelbad met 'n handjie vol Engelse sout vir seer spiere en slaaploosheid – aangesien jy moontlik 'n bietjie senuweeagtig kan wees.

2. Pamperlang jouself met jou gunsteling lyfroom: 

Na 'n lekker warm borrelbad, maak seker jy pamperlang jou lyf met genoeg room terwyl jou porieë nog oop is. Dit veroorsaak dat die room in jou vel intrek en jou met 'n satyn sagte vel los vir jou trourok.

3. Neem afskeid van wat was:

Alhoewel jy nie kan wag om die man van jou drome weer te sien nie, is dit noodsaaklik dat jy afskeid neem van jou lewe voor jy “vrou” begin word. Daar’s 'n nuwe lewe wat vir jou wag wanneer jy wakker word die volgende oggend, en jou lewe tot dusver het jou gelei tot waar jy die aand voor jou troudag 'n warm bad neem – vier dit.

4. Spandeer tyd saam met jou moeder, praat met die een wat jou hart ken:

Die aand voor jou troudag, hou 'n intieme gesprek met jou ma. Daar’s soveel wat sy jou kan leer en vertel om voor te berei vir wat kom – die goed en die sleg. Sy is self al deur dit, en het 'n magdom van ondervinding wat net 'n ma en dogter kan deel.

5. Verwonder jou trourok:

Daar’s niks wat 'n vrou meer laat voel asof sy in 'n sprokiesverhaal is as 'n pragtige trourok nie – veral  'n pragtige sprokies trourok nie. Die afwagting om hom aan te trek oor 'n paar uur en als wat daarna volg is genoeg om enige bruid te laat skitter. Om net te dink, oor 'n paar uur is jy in jou eie sprokiesverhaal!

Onthou, ware liefde is nie 'n alledaagse gebeurtenis nie – of dit nou in die vorm van jou trou man of jou trou rok is nie. Kies wat by jou pas en verseker n gloeiende effek op jou spesiale dag.