Search

Trourokke te koop

Trourokketekoop2
December 2014

Beskrywende Bewoording van Trourokke te Koop

Beplan jy om binne die volgende paar maande te trou? Die tyd is min want om trourokke te koop het jy so agt maande speling nodig. Hier by Bridal Manor maak ons dit egter so maklik moontlik vir jou om die trourok van jou drome te verkry. 

 

Maak ‘n afspraak om die rokke van jou keuse en grootte en binne jou verkose begroting aan te pas. Gedurende die afspraak-tyd kan jy soveel rokke as wat jy wil aanpas en ons gee jou ook ‘n gratis pas-sessie vir die rokke waarop ons kwotasies gelewer het. As die tyd jou egter ingehaal het kan jy natuurlik ons voorheen-geliefde rokke besigtig en daaruit kies. Dit sal beteken dat die rokke dadelik beskikbaar is en die nodige veranderinge kan aangebring word om te verseker dat die rok jou perfek pas.

  

Hieronder is  verduidelikings aangaande die bewoording wat gebruik word om trourokke te koop te beskryf. Ons verkoopsdames sal jou kundige advies kan gee om jou verder te help.

 

Keuse van Kleur

 

Alhoewel die moderne bruid lank nie meer aan wit gebonde is nie, is die verskillende soorte wit nog steeds die gewildste kleure wanneer dit by trourokke te koop kom. Blou-wit of spierwit is gewoonlik gepas vir vrouens met donkerder velkleure terwyl ivoor of die roomkleurige rokke meer by die geel of goue ondertoon vel pas. Die gewilde sjampanje of effens pienk gekleurde wit is die beste vir die olyfkleurige of donkerder vel.

 

Keuse van Lengte

 

Die vollengte rok se soom raak effens aan die vloer terwyl die klassieke bal-rok-lengte die soom net-net aan die enkel raak. Die tee-lengte rok se soom eindig tussen die knieg en enkel en die straat-lengte se soom pas net onder die knieg.

 

Keuse van Moue

 

Die klokmou is gewoonlik vollengte met die einde by die gewrig in die vorm van ‘n klok terwyl die driekwart lengte mou tussen die elmboog en gewrig eindig. Die Juliet mou is lank en kom met opgepofde skouers terwyl die gepaste punt ook lank maar styf is en met ‘n punt oor die hand eindig. Die gewone langmou eindig by die gewrig terwyl die digtersmou lank en styf is maar vanaf die elmboog uitwaarts eindig. Die kortmou is die lengte van ‘n kortmou t-hemp en die armlose mou, soos die naam aandui, het eintlik geen moue nie. Laastens is daar die pasta/spagettie mou met fyn stringe oor die skouers en soms ‘n x-vorm oor die rug.

 

Daar is ook die neklyn, middellyf en die algehele styl terme wat gewoonlik gebruik word om trourokke te koop in meer besonderhede te beskryf. Vra ons kundiges vir hulp as van die terme se betekenis vir jou onduidelik is.